Vroue met strikdasse: stylvol, selfversekerd en sexy

Vroue met strikdasse: stylvol, selfversekerd en sexy

Gedink dat dit net mans is wat strikdasse dra? Dink weer!

“Power dress” jy graag? Lus vir ‘n nuwe, unieke manier om sterk en selfversekerd voor te kom? Die strikdas is jou antwoord!

Bekende vroue soos Audrey Hepburn en Marlene Dietrech het al dekades terug hierdie geheim ontdek en graag ‘n strikdas gedra.

audrey

Audrey Hepburn: selfversekerd en sexy in ‘n strikdas

As gevolg van die veelsydigheid van die immergewilde strikdas, kan dit sterk en uitdagend of sag en klassiek,  gestilleer word.

strikkies

Verskeie bekende vrouens het hulleself deur die jare laat geld in ‘n strikdas, waaronder die klassieke prinses Diana wat gereeld met ‘n strikdas in die openbaar verskyn het.

diana-in-strikdas

Prinses Diana bewys dat ‘n strikdas terselfdertyd stylvol, sterk én klassiek kan wees.

diane-kruger

Aktrise Diana Kruger het die premiére van “Inglorius Bastards” in ‘n strikdas en kruisbande bygewoon

anne-hathaway-oscars

Anne Hathaway by die Oscars – deftig in tux en strikdas

kim-kardashian

Selfs die Kardashians dra graag strikdasse!

Indien jy ook jou klerekas bietjie oemf wil gee, is dit tyd om ‘n strikdas aan te skaf! Eden&Co se strikdasse is uniek, aangesien elke strikdas handgemaak word uit duursame leer. Bestel joune vandag, en staan uit tussen die res!

strikdas1

 

 

WJ & Ania: Perfekte Plaastroue

WJ & Ania: Perfekte Plaastroue

“Al loop iets verkeerd op jou troudag…is jou dag nog steeds PERFEK, want jy trou met die liefde van jou lewe en jy deel die spesiale oomblik met vriende en familie. Wat kan ooit meer perfek wees as dit?” – Ania

13690651_913543925421797_7552585765115714982_n

wj1

Hoe het julle ontmoet en hoe het hy jou gevra om te trou?

WJ se nefie het met my beste vriendin getrou. Hy was ‘n strooijonker en ek was ‘n bruidsmeisie – hy van Nelspruit en ek van Pretoria. Toe ons op die troue ontmoet was dit “love at first sight!” (….ja, dit gebeur in die regte lewe en nie net in die ‘movies’ nie!) Na daardie aand was die koël deur die kerk en die res is geskiedenis!

13669133_913555592087297_7822176052216073042_n

Hoe het julle verloof geraak?

My pa het ‘n wildsplaas met ‘n dek van sewe meter hoog – my gunsteling plek in die hele wêreld! Vir my verjaardag het ek my naaste vriende en familie plaastoe genooi. WJ het toe nog in Nelspruit gebly. Hy moes die Vrydag na ‘n vêr klient gaan en het gesê hy gaan eers laat die Vrydagaand of vroeg die Saterdagoggend kan kom.

Die Vrydagoggend het hy my vroeg wakker gebel en gesê ek moet in my kar se kattabak by die spaarwiel gaan kyk, daar was ‘n briefie (wat hy die vorige naweek daar weggesteek het). In die briefie het hy verduidelik dat hy met my bestuurder gereël het dat ek die dag verlof het, en dat hy vir my en my ma ‘n middag by die spa bespreek het. Hy het gesê dis ‘n bederfie omdat hy nie op my verjaardag by my kan wees nie. Omdat hy so ‘n romantiese persoon is was dit glad nie vir my vreemd of verdag nie. In die briefie het hy verder geskryf dat hy my verjaarsdaggeskenk op my gunstelingplek gaan wegsteek en dat ek net vir my pa moet vra waar dit is as ek op die plaas aankom.

Nadat ons by die spa ontspan het, het ek  dek toe gery om my geskenk te gaan soek. Toe ek daar aankom was dit tjoepstil – ek het niks of niemand gesien nie. Eers toe ek heel bo kom het WJ opgespring…ek het nog nie eers ‘hallo’ gesê nie, toe gaan hy al op een knie en vra my om met hom te trou. Daar was die mooiste sonsak nog ooit aan die een kant van die dek en die ander kant was die ‘super-maan’ besig om op te kom. Daar was koekies en kasies en sjampanje. Later het al ons vriende by ons kom aansluit op die dek (almal het geweet) en die hele naweek was een groot feesviering gewees.

skoene

Vertel bietjie meer oor die styl van julle troue?

Ons styl was boheems. Groen is my en WJ se gunsteling kleur, so ons kleurskema was hoofsaaklik groen met  bruin, wit, pienk en geel. Ons het op my pa se plaas getrou – die seremonie was by die dam en die onthaal was rondom die stoor en stoorhuis.

stroopsoet-48-of-172

Familie en vriende het al van die Donderdag gekom om te kom help. Dit was ongelooflik spesiaal gewees, so ‘n familie-vriende-spanpoging-troue waar almal saamgewerk het, saam gelag het en saam gekuier het. Dit het ook gemaak dat almal die troue baie waardeer het, juis omdat hulle geweet het hoeveel moeite dit was!

13726769_913552688754254_7532948415093602041_n

Ek en WJ is plat-op-die-aarde-mense wat mal is oor ons familie en vriende, niks was baie formeel en styf nie. Ons het gehuppel toe ons in die onthaal instap en ons het ge-tiekiedraai in ons openingsdans – dit was die mooiste, lekkerste en gelukkigste dag nog van my lewe.

wj-ania

Waaroor het julle preek gegaan?

Ons het vir WJ se skoonsussie gevra om die boodskap vir ons te doen. Haar preek het gegaan oor hoe God ons oor die jare vir mekaar  uitgekerf het en met ‘n plan gemaak het sodat ons by mekaar pas en hoe ons ook met ‘n plan in die huwelik moet in gaan; met ‘n einddoel in sig. Sy het vir ons twee uitgekerfde houtmannetjies gegee en die preek in ‘n mooi boksie gesit wat ons vir altyd kan hou en ons altyd aan daardie dag en God se plan kan herhinner.

13654324_913548608754662_4301551781558122799_n

Stroopsoet (57 of 140).jpg

Wat was vir jou die heel beste oomblik ?

Sjoe…ALLES…ek weet dit is ‘n clichè antwoord, maar elke liewe oomblik van my troudag was my gunsteling! Ek sal probeer om ‘n paar te noem:

  • Die eerste oomblik wat my pa my gesien het.
  • Die oomblik toe ek met ‘n donkiekar afry kerk toe en WJ se gesig sien, en saam met my pa in die gang kon afstap.
  • Die oomblik wat ek ‘ja’ kon sê en my man vir die eerste keer soen.
  • Die feit dat ons gaste dit geniet het en soveel komplimente gegee het en gesê het dat hulle die LIEFDE kan voel.

13718514_913548038754719_2865042588393664607_n

ania-en-pa

13718503_913552635420926_3691179632666084673_n

 

Kyk sommer hier na ‘n kort video oor WJ en Ania se troudag:

https://vimeo.com/179623314?ref=fb-share&1

Diensverskaffers:

Fotografie: Stroopsoet fotografie

Kruisbande: Eden&Co. Quality Leather Goods

Strikdas: 1700’s tot nou

Strikdas: 1700’s tot nou

What we used to say was whoever had the bow tie got to lead the band. There was never any jealousy.

-Amerikaanse klarinetspeler, Pete Fountain

Die strikdas is beslis nie sommer enige mode-item nie: daar word gereeld gesê dat die een wat ‘n strikdas dra, se selfvertroue ‘n noemenswaardige hupstoot kry. Maar waar het die geskiedenis van dié klassieke mode-item sy oorsprong?

Volgens oorlewering is ‘n stukkie lap wat byna soos die hedendaagse serp gelyk het, reeds vanaf die 1700’s gebruik om die opening van die kraag in manshemde toe te bind. Hierdie “serp” is later ‘n krawat gedoop. Dit is hoofsaaklik deur die Franse hoërklas gebruik. Hierdie manne was bekend vir hulle styl en klassieke kleredrag: hulle het bekend gestaan as die toonaangewers op modefront. Die strikdas het later uit die krawat ontwikkel.

Teen die 1880’s was die strikdas ‘n standaarditem in enige modebewuste man se uitrusting. Nadat Pierre Lorriland vir die eerste keer ‘n Tuxedo in 1886 na ‘n formele funksie gedra het, het die kombinasie van ‘n tuxedo en ‘n strikdas die standaard-uitrusting na “black tie” geleenthede geword.

frank-sinatra-george-clooney

In die jare wat gevolg het, is die strikdas egter voortdurend geherdefinieër, en is dit saam met meer as net formele drag gedra. Teen die 1920’s en 1930’s het strikdasse ook onder vrouens gewild begin raak. Duitse sanger en aktrise, Marlene Dietrich, was veral bekend vir haar strikdasse. Die bekende en klassieke Audrey Hepburn is ook gereeld in ‘n strikdas gesien.

am

Deur die eeue het strikdasse egter nooit hulle klassieke, stylvolle karakter verloor nie. Van elke dag se swierigheid, tot troues, formele geleenthede, werksfunksies of ‘n aandjie uit: die strikdas bly immergewild.

Om die lang, klassieke geskiedenis van die strikdas te eer, vervaardig Eden&Co. Quality Leather Goods juis strikdasse uit duursame leer. Elke strikdas word met die hand uitgesny en aanmekaar gesit – wat dit ‘n kunswerk opsigself maak. Wanneer jou kleinseun eendag jou strikdas erf, behoort hy met goeie sorg steeds ‘n meesterstuk te wees. Want klas, styl en leer gaan nooit uit die mode uit nie.

 

strikdas1Eden& Co se strikdasse word van begin tot einde met die hand gemaak.

 

0d3a4808

Foto: Nina Buys

Abri & Anri se plaastroue: ‘n fees in pastelkleure

Abri & Anri se plaastroue: ‘n fees in pastelkleure

aaa8

 

Waar het julle storie begin?

“Ons het van mekaar geweet sedert Hoërskool, maar omdat ek reeds in ons Graad 9 jaar na ‘n ander dorp verhuis het, het ons nooit so ver gekom om mekaar beter te leer ken nie.
Op ‘n  stadium het ons paaie weer gekruis.  Hy het toe buite Warmbad op ‘n wildsplaas gewerk en ek was in my tweede jaar op Universiteit in Potchefstroom.  Wat aanvanklik ontstaan het as gereelde uitruil van boodskappe, het vinnig verwikkel tot uur-lange oproepe.  Na ongeveer twee maande hiervan, het Abri besluit om vir die eerste keer by my te kom kuier in Potch – hy het toe ook vir my gevra om sy meisie te wees.  Ten spyte van die afstand tussen ons het ons liefde geblom en het Abri na 3 jaar besluit om my verloofring te laat maak. Soos ons mekaar beter leer ken het, het ek definitief besef hy is my trouman en sedertdien was daar geen uitkomkans nie…”
aaaaa
Hoe het hy die Groot Vraag gevra?
“Ons was met vakansie in Natal.  Omdat Abri geweet het dat ek nog altyd baie graag ‘n leeupark wou besoek, het hy ‘n plan beraam en vir ons op 17 Desember ‘n uitstappie beplan na ‘n naby geleë “leeupark”.  Ten spyte van ons opgewondenheid, was dié leeu-park ‘n groot teleurstelling.  Oppad terug huis toe sien ons toe ‘n “African Bird of Prey – Sanctuary” en besluit om dit ons laaste stop te maak met die hoop dat ons darem iets kan maak uit ons dag.
Ons was nie lank daar nie, toe verskoon Abri homself – en sonder dat ek snaaks daarvan gedink het, gaan ek aan om die ander roofvoëls by die park te besigtig.  Terwyl ek besig was om foto’s te neem het Abri my van agter geroep:  “Liefie, liefie…”.  Ewe geïrriteerd draai ek om, net om hom daar op sy knieë te sien staan met die ring in sy hand.  My eerste woorde was “Dis huge!”, maar ek kon uiteindelik ‘n “JA!” uitkry so tussen al die trane en emosies deur.”
ring
Julle troue het die mooiste plaasgevoel gehad, waarom het julle op die tema besluit?
“Ek en Abri is albei baie lief vir die plaas en buitelewe, daarom was die plaastema – en ook ‘n venue wat by hierdie gevoel inskakel – vir ons vanselfsprekend.  Ons wou graag aardse elemente inbring om die troue ‘n eenvoudige, maar steeds klassieke gevoel te gee.  Die styl van ons troue was hoofsaaklik rustiek met ‘n paar moderne- en vintage elemente.  Ons het gebruik gemaak van melkkanne, waterkanne, enamel baddens, houttolle en hout tafelblaaie wat ons self gemaak het om die tradisionele plaas-elemente in te bring.
Ons het ‘n neutrale en pastel kleurpalet gebruik.  Die blomme en dekor het ‘n verksiedenheid groene, sagte pienke, room en wynrooi ingesluit.”
002-aa-charming-farm-wedding-by-hellolovephotographyabri-en-anri
Het julle die meeste van die troureëlings self getref?
“Ons het glad nie gebruik gemaak van ‘n troukoordineerder nie – tussen ons en ons vriende en familie is al die reëlings self getref.”

Wat was vir jou die mees spesiale oomblik van jou hele troue?
“Ek en my Pa was ongeveer ‘n derde van die afstand in die bos-paadjie afgestap, toe daar êrens in die verte ‘n bees begin bulk het.  Die ring-draertjie, Zian, wat voor ons geloop het, het onmiddellik die ring-kissie neergesit en tussen die bome rondom die paadjie begin klim om ondersoek in te stel.  Toe ons hom terugroep, het hy met groot verwondering vir ons vertel dat daar “leeue” in die bos is.  Dit het die aanvanklike swaar emosionele gemoed dadelik verlig.

Die oomblik wat ons die bos-kerk binnegestap het en ek vir Abri gesien het met koeëlronde trane op sy wange, kon ek nie meer my emosies inhou nie.  Dit was ‘n emosionele, maar ook uiters intieme dag vir ons albei.”

 

Verksaffers:

Venue:  Die Klipskuur [Celeste Leonard:  083 412 5272 / klipskuur@gmail.com]
DJ:  Die Klipskuur [Faan: klipskuur@gmail.com]
Spyseniering:  Die Klipskuur [Celeste Leonard:  083 412 5272 / klipskuur@gmail.com] & Spitbraai and Hire:[  011 363 1434 / spitbraai@telkomsa.net]
Fotograaf:  Hello Love Photography [Dominique:  hi@hellolovephotography]
Blomme & Dekor:  Danie Gordon-van Dyk [Danie:  082 453 0996 / pdvdyk@gmail.com] & The Restory Retreat Centre: [Mathilda: 071 703 9189 / angusmathilda@gmail.com] & Chocolate Turqouise [Danielle:  082 415 3892 / danielle@chocolate-turquoise.co.za] & Marise Giani Laser [Marise:  marise.giani@gmail.com]
Skryfbehoeftes: Moooi Designs [Selmari:  info@moooidesigns.co.za] & Liqerish [Janine:  082 353 3234 / hello@liqerish.co.za]
Troukoek:  Annette van Dyk [Annette:  082 453 0997]
Trourok:  Marianna Zwaan Designs [Marianna:  082 461 3292]
Bruid se bykomstighede: Lovisa & L’Afrique Jewellers
Hare en Grimering:  Follicle Hair Atelier [follicleonthemove@folliclehair.co.za]
Bruidsmeisies se rokke:  Adri du Plessis [Adri:  083 458 7541]
Bruidegom & Strooijonkers:  Eden&Co Quality Leather Goods & Lig Leefstyl [ligleefstyl@gmail.com] & Rings and Things [info@ringsandthings.co.za]
Harpspeler:  Amarillie Ackerman [Amarillie:  duo2000@telkomsa.net]
Eurice en Danielle se verlowingsfotos: “If you be my star, I’ll be your sky”

Eurice en Danielle se verlowingsfotos: “If you be my star, I’ll be your sky”

Eurice en Danielle se verlowingsfotos deur die talentvolle Matthew Carr is te mooi om nie te deel nie!

Lees meer oor dié twee se troue hier.

Fotograaf: Matthew Carr.

Eurice se kruisbande: Eden&Co Quality Leather Goods

lowres312of380lowres306of380

eurice-3

eurice2

11539589_835174546517765_509932943171615329_n

eurice-collage

eur kollage.jpgdownload